Verskeie mediahuise is die slagoffers van gekloonde webtuistes wat fopnuus versprei. Van die nuus sluit in dat daar ‘n aanslag op Steve Hofmeyr se lewe was asook dat die uitvoerdende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sowel as evangalis Angus Buchan glo deel van ‘n beleggingskema is.

Die uitvoerende hoof van Maroela Media, Susan Lombaard, het aan The Citizen gesê dat webwerwe met kunsmatige intelligensie (KI) gekloon word en dat hulle al lank daarmee sukkel. Mense wat die word-vinnig-ryk skemas bedryf, het Maroela Media en ander mediahuise se webwerwe herskep.

Hierdie taktiek mislei en lok potensiële slagoffers na bedrieglike finansiële skemas. Lombard voeg by dat hulle egter onlangs daarin geslaag om een ​​bladsy toe te maak, ongelukkig verskyn daar ‘n nuwe een sodra een toegemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×