Eskom sê groot waarskynlikheid van kragonderbrekings hierdie week

Suid-Afrikaners het 27% vanjaar al sonder elektrisiteit deurgebring. Dit kom neer op 49 dae van beurtkrag. Dit is die dieselfde hoeveelheid tyd sonder elektrisiteit die afgelope vier jaar gesamentlik, het Samatha Graham-Maré, die DA se skaduminister van elektrisiteit gesê. Maroela Media berig Graham-Maré het gesê oor vier dae sal die land meer beurtkrag in 2023 beleef het as die afgelope 10-jaar gesamentlik. Dit lyk nie of die situasie gaan verbeter nie ondanks versekerings van die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa. Koeberg se opgradering van eenheid een is ver agter skedule en dit sal die kragkrisis vererger met geen oplossings vir die probleem tans nie, het Graham-Maré gesê. Die regering sleep voete met die Elektrisiteitsregulering-wetsontwerp wat nou eers ter tafel gelê is. Die geintegreerde hulpbronneplan wat al sedert 2021 agterstallig is en die elektrisiteit-bloudruk vir die land is, is nog steeds nie ter tafel gelê nie. Die jongste regulasies oor hernubare energie sal boonop ‘n onmeetbare terugslag wees vir daardie oplossing. Die aanstelling van die minister van elektrisiteit, die Nasionale Energiekrisiskomitee en die opstel van die energie-aksieplan moes alreeds tot ‘n verbetering van beurtkrag gelei het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×