Daar word bespiegel dat President Cyril Ramaphosa waarskynlik binne die volgende 24 uur as staatshoof van die land kan bedank. Hy sal dan ook as president van die ANC bedank. Dit beteken dat hy ook nie sal staan in die verkiesing vir die nuwe leier van die ANC hierdie Desember nie. Ingevolge die Grondwet sal adjunkpresident David Mabuza as waarnemende president aangestel word totdat die Parlement vir ‘n nuwe president stem.