Die kabinet vergader oor die begroting wat verlede week in die parlement ter tafel gelê sou word, maar Woensdag op die laaste nippertjie gekanselleer is.

Maroela Media berig die konsepbegroting het voorgestel dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) met twee persentasiepunte verhoog word, om sodoende meer inkomste vir die staat te genereer.

’n Regeringswoordvoerder wou aanvanklik nie bevestig of kabinetslede oor die begroting vergader nie, aangesien die agenda van die kabinet as hoogs geheim geklassifiseer word.

’n Onberispelike bron het wel aan Maroela Media bevestig die 2%-verhoging in BTW is onder bespreking.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×