Die Nasionale Vergadering sal vanmiddag stem oor die verwydering van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, uit haar pos. Die Parlementêre Afdeling 194 komitee het in sy verslag wat aan die Nasionale Vergadering voorgelê is, aanbeveel dat Mkhwebane geskors word, omdat sy onbevoeg is en haar aan wanoptrede skuldig gemaak het. SABC-nuus berig indien die proses sonder probleme afgehandel word, sal dit die eerste keer wees dat die hoof van ‘n Hoofstuk Nege instelling verwyder word deur ‘n staat van beskuldiging. Die Nasionale Vergadering moes sy eie reels vir die proses ontwikkel omdat die Grondwet nie spesifiseer hoe die verwydering gedoen moet word nie.

error: Inhoud is beskerm !!