Die stemming, wat ’n tweederdemeerderheid vereis, sal Donderdag 8 Mei 2025 as dag twee voortduur.

TimesLIVE berig die Katolieke Kerk se kardinale het die geheime konklaafproses begin om ’n opvolger vir Pous Franciskus te kies, wat op 21 April in die ouderdom van 88 jaar oorlede is.

Swart rook het Woensdagaand uit die skoorsteen van die Sistynse Kapel in Vatikaanstad geborrel.

Dit dui aan dat geen nuwe pous nog verkies is nie.

Volgens internasionale media is dit die mees geografies uiteenlopende konklaaf nóg, en kardinale keer Donderdag terug na die Kapel in ’n poging om ’n nuwe geestelike leier vir die wêreld se 1,4 miljard Katolieke aan te wys.

error: Inhoud is beskerm !!