‘n Waterkenner verbonde aan Unisa, prof Anja du Plessis, sê die watertoevoer krisis in Johannesburg is by ‘n keerpunt. Indien die krisis nie dringend binne die volgende jaar aandag kry nie, kan Dag Zero baie nader wees as wat enigiemand besef. Netwerk 24 berig Rand Water, wat water aan 14 miljoen mense oor vier provinsies verskaf, gaan tans gebuk onder verskeie uitdagings.

Die waterverskaffer sê in sy jongste sakeplan tot die jaar 2028, dat die toenemende aantal mense wat water moet kry, gaan veroorsaak dat hy na raming binne tien jaar sy beskikbare waterhulpbronne se drempel sal bereik. Volgens Randwater se verslag groei waterbehoeftes steeds en met ou infrastruktuur gaan tot 300 megaliter water per dag verlore. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×