DAKAR 2024 – Die Suid-Afrikaanse motors het ook gister ’n goeie dag gehad in Skof 10 van die 2024 Dakar-veldtydren.
Altesaam 8 motors waaronder 6 Hilux’e sowel as ’n CR6 en CR7 en natuurlik in Suid-Afrika gebou het onder die Top 10 geëindig.
Die S.A. jaers Brian Baragwanath en navigator Leonard Cremer van Century Racing was in die 2de plek 6 minute agter Guerlain Chicherit en Alex Winocq van die Overdrive Racing span.
*Die 18-jarige Suid-Afrikaner Saood Variawa het ook ’n goeie skof gehad en in die 11de plek in sy Hilux oor die eindstreep gejaag.