DAKAR VELDTYDREN – Die veteraan Dakar renjaers van span Bahrain Raid Xtreme Sebastian Loeb en Fabian Lurquin het gister se Skof 7 tussen Riyadh en Al Duwadimi in die motor-afdeling met ’n gemaklike 7 minute en 6 sekondes opgeraap voor Lucas Moraes en Armand Monleon van Toyota Gazoo Racing.
Die Suid-Afrikaners Giniel De Villiers en Dennis Murphy het weereens koelkop alhoewel hulle navigasie-uitdagings en warm weersomstandighede die hoof moes bied en kon tevrede voel met ‘n 11de plek bykans 25 en ’n half minute agter die skofwenners. Diè tweemanskap beklee nou ook die algehele 5de plek
Die algehele voorlopers is egter Carlos Sainz en Lucas Cruz van Audi Sport en geniet nou ’n voorsprong van bykans 19 minute oor Loeb en Furquin terwyl Moraes en Monleon die 3de plek ’n verdere 40 minute agter Sainz en Cruz ingeneem het.
*Vandag se sneltrajek tot Ha’ill bestaan uit 678 km met 220 km op die oop pad en 458 km wat teen die stophorlosie gejaag sal word.