DAKAR Ross Branch hou ook nog steeds sy geboorteland Botswana se naam hoog in die Dakarveld-tydren in die motorfiets-afdeling alhoewel hy in Skof 5 met ‘n 6de plek tevrede moes wees.

Branch wat vir span Hero Motosports jaag het weer in die 1ste plek ingskuif en is 1 minuut en 14 sekondes voor Nacho Cornejo wat die oornagvoorloper was. Suid-Afrika se Bradley Cox op sy KTM is algeheel 21ste nadat hy in diè skof 18de oor die eindstreep gejaag het.

Giniel de Villiers en spanmaat Dennis Murphy het ook ’n goeie dag beleef en was 6de in die motor-afdeling en klou nog steeds vas aan die algehele 11de plek. De Villiers het gesê dat die duine moeilik gangbaar was en  ook “gelees” het en dat die sig ook swak was.

*Vandag se 6de sneltrajek neem die vorm van ’n sirkelroete aan en bekend staan as die 48-uur-Chrono-sneltrajek. Dit is ’n ooppad gedeelte van 209 en 572 km afstande teen die stophorlosie wat ook die einde van die dag se verrigtinge sal aandui. Deelnemers moet net daar en dan stilhou en op die plek kamp opslaan en oornag – sonder enige hulp en bystand van hul spanne van buite af.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×