Die Departement van Minerale Bronne en Energie het die jongste pryse van brandstof vir Oktober bekend gemaak – en motoriste gaan tot soveel as R1 per liter minder betaal vir brandstof vanaf Woensdag.
93- Oktaan petrol kos R1,06 per liter minder terwyl jy R1,14 goedkoper gaan betaal vir 95-Oktaan petrol. Diesel se prys sak met onderskeidelik R1,14 en R1,12 per liter. Parrafien se prys daal met R1,11 per liter.
Vloeibare petroleumgas se prys styg egter met 23-sent per kilogram.
Maroela Media berig die daling kan toegeskryf word aan ‘n daling in die gemiddelde internasionale produkprys van brandstof en die versterking van die rand.