Onlangse data toon dat brandstofpryse weer in September gaan daal.

Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds dui op sterk oorverhalings. Petrol sal na verwagting met sowat 86 sent daal, terwyl diesel met sowat 70 sent sal daal.

Daar is voorspellings dat brandstofpryse met meer as een rand kan daal teen die tyd dat die Departement van Energie die amptelike brandstofpryse aankondig.

Volgens berigte sal September die vierde opeenvolgende maand wees vir petrolprysverlagings, wat die prys van petrol en diesel op hul laagste vlakke sedert Januarie vanjaar sal bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×