Damprook of “vaping,” soos dit alom bekend staan, is ‘n gier wat nou behoorlik onder die jeug vlam gevat het.

Stres en angs lei glo daartoe dat meer as ‘n kwart van matrikulante in die land gereeld so ‘n dampie slaan.

News24 berig ‘n voorlopige studie van die Universiteit van Kaapstad toon damprook onder dié ouderdomsgroep het binne net ses jaar van 2% tot meer as 25% toegeneem.

Baie volwassenes slaan na damprook oor in ‘n poging om sigarette te laat vaar.

Marietjie Landsberg, direkteur van Aurora in Bloemfontein, het vanoggend ten tyde van ‘n onderhoud op Rosestad 100.6FM gesê dat die olies wat in damprook gebruik word nikotien bevat wat ‘n hoogsverslawende stimulant is.

Studies toon dat selfs van die olies wat sogenaamd nikotienvry is, wel nikotien bevat en dus tot verslawing kan lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×