Dan Kriek, voormalige president van Agri-SA, neem op 1 Mei die hoofbestuur-leisels van die Nasionale Wolwerkers-vereniging oor. Kriek, wie ook in die raad van die Universiteit Vrystaat dien, sê SA is een van die mees volhoubare voorsieners van gesertifiseerde wol ter wêreld.

‘n Stewige posisie, wat volgens hom selfs nog verder uitgebou kan word. Suid-Afirka se wolprodusente speel ‘n belangrike rol in die land se uitvoer-verdienste.

Die uittredende hoofbestuurder, Leon de Beer, tree einde April af. De Beer was vir twee dekades aan die vereniging verbonde.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×