Dat beurtkrag ampertjies aan die verlede behoort, word deur opposisiepartye as ‘n verkiesing-slenter beskou.
Doktor Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het aan die Nasionale Vergadering gesê die beurtkragskedule van die afgelope tyd spreek vanself.
Dít met verwysing na ‘n beurtkrag-blaaskans van amper vyf dae.
Die minister sê hy is oortuig die land se energiekrisis het ‘n keerpunt bereik.
Advokaat Busisiwe Mkhwebane, omstrede voormalige openbare beskermer, sê dit is nie die eerste keer dat sulke beloftes gemaak word nie.
Volgens Netwerk24 meen Mkhwebane, wie onlangs as EFF-LP ingesweer is, dat die ANC ongeloofwaardig is deur te sê hy kan die land se kragkrisis oplos.