Datum vir die verhoor van die EFF-leier, Julius Malema en Adriaan Snyman bepaal

Die Oos-Londense landdroshof het ‘n datum bepaal vir die verhoor van die EFF-leier, Julius Malema, en sy medebeskuldige, Adriaan Snyman.

Malema en Snyman staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ‘n wapen en ammunisie.

Hulle staan verder tereg op die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens.

Die aanklagte hou verband met Malema se beweerde afvuur van ‘n vuurwapen by die Sisa Dukashe-stadion by Mdantsane in 2018 tydens die viering van die EFF se vyfde bestaansjaar.

Die verhoor sal na verwagting van 23 tot 27 Augustus plaasvind.

Luister na potgooie hieronder