President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners verseker dat hy binnekort die verkiesingsdatum sal aankondig.
Partye wat in vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings gaan deelneem, het Ramaphosa versoek om volgende maand sy staatsrede te gebruik om die datum aan te kondig.
Meer as 360 politieke partye het belangstelling getoon om in die verkiesing mee te ding.