Nuwe navorsing deur een van Suid-Afrika se grootste skuldberaders, Debtbusters, toon dat 40 persent van die respondente meer as die helfte van hul salarisse maandeliks bestee om skuld terug te betaal. Volgens die data het 70 persent van die respondente gesê hulle het een of ander vorm van finansiële stres. Reaksies op die hantering van finansiële stres het gewissel van die besnoeiing van maandelikse uitgawes tot die verkoop van persoonlike items. Intussen hang vandeesweek se aankondiging van die nuwe rentekoers soos ‘n donker wolk oor die land. Bly ingeskakel op Rosestad 100.6FM wanneer Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, Donderdaoggend skuins na ses in Rosestad-Soeklig oor die impak van rentekoersverhogings op jóú geldsake gesels.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×