Die hoof-ekonoom, Dawie Roodt van die Efficient-groep, het gisteraand tydens ‘n funksie met sakelui en jong sake-entrepreneurs in Bloemfontein gesê die land se ekonomie sal vanjaar met 0% groei. Hy het gesê die wêreld se ekonomie is nie op ‘n goeie plek nie as gevolg van hoë inflasie. Stygende graan-en oliepryse is die gevolg van die oorlog in die Oekraine. Dit is ook nie onmoontlik dat China vir Taiwan gaan binneval nie. Suid-Afrika wat hom tans by Rusland skaar veroorsaak dat die VSA die land weg kan hou van markte. Dit kan groot skade vir Suid-Afrika inhou. Roodt sê die stede en dorpe wat in die land totaal ineenstort is die resultaat van ‘n kriminele organisasie wat die land regeer. Hy het voorspel dat die ANC volgende jaar tydens die algemene verkiesing tussen 45 en 50% van die stemme gaan kry wat koalisies tot gevolg gaan hê. Roodt sê die land sit op ‘n kruitvat as gevolg van sosiale spanning.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×