Die DBV Bloemfontein het ‘n geveg vir diere in die Rouxville-landdroshof gewen met ’n skuldbekentenis wat tot ’n boete van R3 000 of ses maande tronkstraf gelei het.
Die DBV Bloemfontein het ’n belangrike oorwinning vir dierewelsyn behaal.
Volgens die instansie se plasing op sosiale media het hulle in Oktober 2024 ’n klag van dieremishandeling in Rouxville ondersoek.
Weens die verskriklike omstandighede waarin die hond gehou is, is ’n klagte teen die eienaar gelê.
Die eienaar het in die Rouxville-landdroshof skuld beken en is tot ’n boete van R3 000 of ses maande tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar.