Die klappers wat vir Nuwejaarsvieringe in die Mangaung-omgewing afgevuur is, het vanjaar weereens sy tol onder die metro se diere geëis.

Terwyl ‘n volledige verslag tans saamgestel word, sê Reinet Meyer, hoofinspekteur van die DBV en verbonde aan die Bloemfontein-tak, dat dit laasnag rof in die metro gegaan het.

Sy sê daar was onder meer talle voorvallle in die informele nedersettings. Aangesien baie van die diere hier aan kettings vas is, het hulle geen wegkomkans wanneer klappers afgevuur word nie.

Hierdie diere raak erg verbouereerd en word dikwels beseer terwyl hulle alles in die stryd werp in ‘n poging om te ontsnap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×