Reinet Meyer, hoofinspekteur van die Bloemfonteinse Vereniging vir die Voorkoming van Dieremishandeling, se volgehoue toewyding het gelei tot gister se inhegtenisneming
van ‘n man wat ‘n erdvark naby Soutpan wou gaan verkoop.
Daar is vroeër glo ‘n lokval vir die erdvark op ‘n plaas in die omgewing gestel. Meyer vertel die dier het ongelukkig in die strik vasgeval, en is glo hierna deur die man doodgemaak.
Sy sê dit is skokkend om te sien hoe wilde diere in die omgewing op die wreedste maniere doodgemaak word.
Die Bloemfonteinse DBV-span, is volgens Meyer onwrikbaar daartoe verbind om wild in die Mangaung-omgewing te beskerm.
Meyer doen ‘n dringende beroep op inwoners om enige voorval van wreedheid teenoor ‘n dier, onmiddellik by die DBV aan te meld.