Die Vrystaatse departement van openbare werke skuld meer as R990-miljoen aan die Mangaung-metro

Die Vrystaatse departement van openbare werke skuld meer as R990-miljoen aan die Mangaung-metro-munisipaliteit.

 

Dr. Elizabeth Snyman van Deventer, VF Plus-raadslid van die metro, het aan Netwerk 24 gesê dat die departement se totale skuld aan die metro deel is van die totale provinsiale regeringskuld van ongeveer R1,8-miljard, wat 26% van die metro se uitstaande debiteure-skuld beloop.

 

Teboho Maine, waarnemende stadsbestuurder in die metro, het ook bevestig dat skrywes aan nasionale tesourie, om agterstallige skuld by die provinsiale openbare werke te verhaal, steeds sedert Julie 2018, onbeantwoord is.

Luister na onlangse Potgooie

Luister na potgooie hieronder