Die diamant-reus, De Beers, het gister, na sewe maande van onderhandeling, ‘n vyfjaar-loonooreenkoms met die National Union of Mineworkers, of NUM, onderteken.

Luidens ‘n verklaring sal werknemers by sy diamantmynbedrywighede ‘n verhoging van 7% in 2023 ontvang, en 6% in die daaropvolgende jare, tot 30 April 2028.

Dié verhoging plaas die minimum intreevlak basiese loon nou op R17 630 per maand.

Die basiese loon sluit byvoordele uit. Benewens die verhogings, maak sy ooreenkoms met die vakbond ook voorsiening vir moontlike toetrede tot Anglo American se planne vir werknemer-aandeelhouding.

NUM verteenwoordig meer as 1 500 van De Beers se werknemers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×