Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, gaan moontlik reeds volgende week gedruk word om sy saak in die parlement te stel.

De Ruyter het hom onlangs die gramskap op die hals gehaal met skok-aantygings dat hooggeplaaste ANC-politici na bewering by Eskom-korrupsie betrokke was, of
steeds is.

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, Khayalethu Magaxa, het gesê hy het gevra dat daar ʼn sitting vir volgende week belê word.

De Ruyter sal dan sy bewerings moet verduidelik en staaf.

Die DA en die ATM het uit feitlik een mond gesê De Ruyter moet die name van die vermeende korruptes blitsvinnig bekend maak, om te keer dat die verdagtes die land dalk uit vrees vir vervolging verlaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×