Die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, is volgens Helene Pretorius so aantreklik dat sy na hom as “God’s gift to women,” verwys.

Pretorius, ‘n amateur-kunstenaar van Centurion, het nou ‘n kunswerk van De Ruyter gemaak, waarvoor sy koerantuitknipsels uit die netwerk24-dagblad Beeld gebruik het, as agtergrond vir ‘n karikatuur van hom wat sy self geverf het.

Pretorius is ‘n oudonderwyser en was ook aan die Tshwane-Suid FET-kollege verbonde.

Sy noem haar kunswerk, De Ruyter laat die Vonke Spat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×