De Ruyter waarsku dat staatskaping nie saam met die Guptas landuit is nie

 De Ruyter waarsku dat staatskaping nie saam met die Guptas landuit is nie

Korrupsie is endemies, en net omdat die Guptas landuit is, beteken dit nie staatskaping is iets van die verlede nie.

So het André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, aan Netwerk 24 gesê.

Volgens hom is korrupsie onderduims en nie openlik nie.

En juis dáárom is Eskom tans besig met diep herstelwerk aan sy infrastruktuur.

Velaphi Ntuli, hoofbestuurder by die Koeberg-kernkagstasie in Kaapstad, is Vrydag geskors, omdat hy nie na wense presteer het nie.

Ook het De Ruyter onlangs ‘n nuwe hoof van oudit en forensiese dienste aangestel.

De Ruyter verduidelik dat die top-20-munisipaliteite, Eskom 70% van die R38-miljard se munisipale skuld, skuld.

Die munisipaliteite is hoofsaaklik in Mpumalanga en die Vrystaat.

De Ruyter het met groot lof en waardering van president Cyril Ramaphosa se betrokkenheid, en Pravin Gordhan se integriteit en toewyding melding gemaak.

LeandreAdmin@