Debatte woed oor Suid-Afrika heen, nadat Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, gesê het dat die regering nie sal probeer om onwettige mynwerkers wat ondergrond gestrand is, te red nie.
IOL berig in plaas van hulp het sy gesê die regering gaan die myners in Stilfontein in Noordwes “uitrook”.
Intussen het die Ministerie van Polisie gesê hulle sal na die terrein gaan om ‘n vriendelike manier te ondersoek om die saak af te handel.
Meer as ‘n duisend mense is reeds bo-grond en word vir onwettige mynbou aangehou, maar daar is steeds ongeveer vier en ‘n half duisend onwettige mynwerkers wat ondergronds is.
In kommentaar op X het die Federale voorsitter van die Demokratiese Alliansie, Hellen Zille, gesê die situasie moet met empatie hanteer word aangesien dit mense se lewens beïnvloed.
Sy het ook gevra wat met Ubuntu gebeur het?
2 Comments
Comments are closed.