Dele van die Oos-Kaap gaan weer opgeskuif word na vlak 3

 ‘n Anonieme ANC-leier het aan die Sunday Times bevestig dat dele van die Oos-Kaap weer opgeskuif gaan word na vlak 3 van die inperkingsregulasies.  Volgens die bron is hierdie besluit Vrydag op ‘n vegadering in Port Elizabeth tussen die minister van gesondheid,Zweli Mkhize, politieke leiers en besighede geneem. 

Na berig word het die belanghebbendes ingestem tot vlak 3-inperkings met ‘n sterk fokus op alkoholverkope en tavernes.  Volgens netwerk24 het Mkhize gesê die benadering is nodig om die koronavirus in bedwang te bring in sowel die Oos-as Wes-Kaap. Die Oos-Kaap het in die jongste verslagperiode die meeste sterftes aangeteken, naamlik 26.

Luister na potgooie hieronder