Tydens ‘n roetine-gehaltetoetsing is mikrobiologiese kontaminasie in drie groepe van die Deli-handelsmerk-hummus gevind. As ‘n voorsorgmaatreël het Checkers-supermarkte en geselekteerde OK Foods die betrokke groepe, tesame met verwante produkte, herroep.
Volgens ‘n media verklaring is die volgende produkte landwyd van supermarkrakke verwyder: Hummus, Verminderde Vet Hummus, Zataar Hummus, Rooi Peper Hummus en Gekarameliseerde Uie Hummus.
Alle produksie by die verskaffer is gestaak. Die maatskappy het bygevoeg dat hulle verstaan dat kliënte bekommerd sal wees en sonder voorbehoud om verskoning vra vir enige ongerief wat deur hierdie vrywillige herroeping veroorsaak word. Hulle sê ook dat kliënte wat hierdie produkte gekoop het, dit nie moet gebruik nie maar dit eerder na hul naaste Checkers-supermark of OK Foods vir ’n volle terugbetaling, terugbesorg.