Die Amerikaanse aktrise, Demi Moore is op 62-jarige ouderdom deur People-tydskrif aangewys as die “Wêreld se Mooiste” vir 2025.

People-tydskrif het haar toekenning op Maandag bekend gemaak.

The South African berig verder dat Moore onlangs ’n gesogte Amerikaanse film en televisie toekenning, ’n Golden Globe gewen vir haar rol in The Substance, ’n rolprent oor veroudering en identiteit.

In haar toespraak het sy mense aangemoedig om hulself nie met ander te vergelyk nie.

Moore het aan People-tydskrif gesê sy beskou skoonheid as iets wat uit egtheid en selfaanvaarding spruit.

Die keuse het egter ook kritiek ontlok oor haar geskiedenis met kosmetiese chirurgie.

error: Inhoud is beskerm !!