Die burgerlike organisasie Democracy in Action dreig om regstappe teen die Verkiesingskommissie, of OVK, te neem indien dit nie binne sewe dae notules van ‘n vergadering met die Amerikaanse ambassadeur Reuben Brigety openbaar maak nie. Die OVK het aan die begin van die week met Brigety vergader.
’n Foto van die omstrede diplomaat met top-amptenare van die OVK het woede op sosiale media ontlok en vrae laat ontstaan oor wat op die agenda was. Die organisasie sê dit is bekommerd dat die vergadering moontlik die integriteit van die verkiesing in gevaar gestel het.