Die Suid-Afrikaanse Lugmag se bevelsraad het onlangs ’n een-komma-twee miljoenrand transaksie met Denel goedgekeur om sy helikopters teen die einde van die maand reg te maak. Die lugmag het tans een werkbare helikopter wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebruik word. Die ooreenkoms sal daartoe lei dat Denel vier van die agt Oryx-helikopters herstel. City Press berig die lugmag beplan om oor die volgende drie jaar 400 miljoen rand aan Denel te betaal. Denel het belowe dat daar geen vertragings in die herstelwerk sal wees nie.
