Denemarke gaan voort met die uitsluiting van Johnson&Johnson en AstraZeneca COVID-19-entstowwe

Gesondheidsowerhede in Denemarke het Vrydag gesê dat die COVID-19-entstowwe van AstraZeneca en Johnson&Johnson uitgesluit sal bly van dié land na die hersiening van nuwe veiligheidsdata.

Reuters berig dat op grond van die nuwe data het gesondheidsowerhede in Denemarke gesê dat daar nou ‘n definitiewe band tussen beide entstowwe en die sogenaamde entstof geïnduseerde immuun trombotiese trombositopenie bestaan.

In ‘n verklaring het die Deense Gesondheidsowerheid berig, al sluit hulle aannames wat die entstof bevoordeel in, die
balans tussen moontlike voordele en moontlike nadele steeds nie gunstig is nie.

Luister na potgooie hieronder