Die verpleegvakbond Denosa in Gauteng het die regering daarvan beskuldig dat hulle nie fondse gebruik wat bedoel is om hospitale en klinieke op te gradeer en in stand te hou nie. Die vakbond sê finansiële hulpbronne vir gesondheidsorgfasiliteite is gebruik om ander inisiatiewe soos Nasi i’Spani te akkommodeer.

Denosa het ook kommer uitgespreek dat sommige gesondheidsorgwerkers pasiënte mishandel en dat die land kundige verpleegsters teen ‘n kommerwekkende tempo verloor.

Die vakbond se provinsiale voorsitter, Simphiwe Gada, sê hulle vra vir die stigting van die gesondheidsinfrastruktuurfonds bykomend tot die begroting om die infrastruktuuruitdagings aan te spreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×