Die departement van minerale hulpbronne en energie het sy visier op maatskappye – veral kleinhandelaars – wat verdunde diesel verkoop, in pogings om koste te besnoei en belasting te ontduik.
Dit kom nadat die departement bevind het dat 70 uit 1 000 monsters wat hy van vulstasies regoor die land geneem het resultate van sogenaamde ‘afwaterde’ diesel getoon het.
Business Tech berig die adjunk-direkteur-generaal van die departement, Tseliso Maqubela, sê dat hierdie praktyk nie net gevaarlik is nie, dit is ook ‘n groot vorm van belastingontduiking.
Daar is meer as 5 000 vulstasies regoor die land, en Maqubela vrees dat hierdie kwessie baie wydverspreid kan wees, namate die departement sy ondersoeke voortsit.
Geen groot maatskappy is tot dusver met verdunde diesel gevind nie.