Die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling ondersoek ’n voedselvergiftigingsvoorval wat by Daluvuyo Primary in Welkom plaasgevind het.
Daar word berig dat 49 leerders siek geword het nadat hulle na bewering besmette kos wat hulle by ‘n smous gekoop het, geëet het.
Van hierdie is 43 leerders uit die hospitaal ontslaan, terwyl die res nog behandeling ontvang.
‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat sommige van die kosprodukte nie geregistreer is nie óf die verkeerde registrasieadres bevat het.
LEES MEER: Laerskool kind in Bloemfontein hospitaal toe – die keer nadat pap geëet is
Rosestad-nuus het vanoggend berig ‘n Laerskool kind in Bloemfontein is een van die nuutste gevalle van kinders wat na die Pelonomi Hospitaal in die stad geneem is – hierdie keer weens die eet van mazimba pap.
Dit is luidens die gesondheidsdepartement, wat gisteraand bevestig het die Toka Laersool leerder is by die hospitaal. Woordvoerder Mondli Mvambi het ook die inligting deurgegee dat die aantal kinders wat weens maagkrampe na die hospitaal gebring is gestyg het tot 47.
1 Comment
Comments are closed.