Die departement van Onderwys in Limpopo, het ‘n tydelike verbod geplaas op die verkoop van kos en eetgoed naby skole in dié provinsie.

SABC-nuus berig daar is is een kind op Khubvi buite Thohoyandou dood, nadat hy vermoedelik eetgoed by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop het. Nog drie seuns ontvang steeds behandeling.

Die departement sê die tydelike verbod word as voorsorgmaatreël ingestel om leerlinge te beskerm. ‘n Taakspan wat aangestel is om die voorvalle te ondersoek, sal na verwagting teen Sondag ‘n voorgestelde strategie aan die Limpopo-regering voorlê.

Intussen is daar vier mense in hegtenis geneem, met die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, wat verder gesê die vermoede is dat ses kinders wat in Naledi dood is, se kos met ‘n chemiese stof besmet was. Hy sê een man en drie vroue is in hegtenis geneem, nadat hulle erken het dat hulle ‘n onwettige chemiese stof by ‘n winkelsentrum in Johannesburg gekoop het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×