Die departement van gesondheid sê ‘n sosialemedia-stemboodskap – waarvolgens mense as gevolg van COVID-19-inentings sterf – is pure bog.
In die stemnota word daar ook melding gemaak van ‘n oor-die-toonbank-middel, wat mense kan gebruik om die beweerde entstof-sterftes te voorkom. Volgens die departement is daar geen sterftes, wat oorsaaklik met COVID-19-entstowwe verband hou nie, behalwe vir die drie gevalle van vroeg verlede jaar.
Foster Mohale sê die departement doen ‘n dringende beroep op mense om stemboodskap te ignoreer. Mohale waarsku ook dat die middel waarna verwys word, nie by die nasionale gesondheidsprodukte-reguleerder geregistreer nie.