Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) ontken gerugte dat dit saam met die terreurgroep Isis werk.

Dít nadat daar in die Sondagkoerant, die Sunday Times, ʼn berig verskyn het dat die regering besig is om Suid-Afrikaners en hul families te repatrieer wat glo jare lank vir Isis in Sirië geveg het of die terreurgroep gehelp het.

DIRCO het Saterdag in ʼn verklaring gesê dat die berigte vals is en dat dit die perskode oortree.

Die Suid-Afrikaanse ambassade in Sirië is wel besig om die situasie van 16 vroue en kinders in die land te monitor en om hul burgerskap te bevestig, omdat dit ʼn spesifieke konsulêre verantwoordelikheid het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×