Die Departement van Minerale Bronne en Energie het die afgelope twee jaar versuim om ’n komitee te stig om Suid-Afrika se brandstofprysmetodologie te hersien.
Dit is volgens die personeelvereniging vir die motorbedryf, Misa.
Die vereniging sê dit is reeds in Julie 2022 genooi om aan die komitee deel te neem, maar niks het gebeur nie.
Misa sê Suid-Afrikaners gaan intussen voort om hoë brandstofheffings en -belasting te betaal, net omdat dit ’n uiters maklike bron van inkomste vir die staat is om in te vorder.
Die vereniging glo dat minder belasting op die brandstofheffing en ‘n algehele laer brandstofprys sal lei tot positiewe ekonomiese groei en werkskepping om die werkloosheid in te land te bekamp.