Die Departement van Water en Sanitasie gaan ‘n verslag vrystel oor die drinkwatergehalte in die land.

Die minister van die departement, Senzo Mchunu, sal na verwagting vandag die tussentydse Bloudruppel-waterverslag voorlê.

Dit kom te midde van ‘n cholera-uitbreking in die land.

Die departement gebruik die Bloudruppel-sertifiseringsprogram om alle aspekte van veilige watervoorsiening in Suid-Afrika te meet.

Intussen ondersoek die Departement van Gesondheid die moontlikheid dat die bron van die onlangse cholera-uitbreking in Tshwane in Gauteng te wyte is aan inter-provinsiale oordrag wat met reis verband hou.

24 mense is sedert die afgelope twee weke aan die bakteriële siekte dood.

23 van die sterftes is in Tshwane aangeteken, met een in die Vrystaat.

Daar word egter bespiegel dat die swak watergehalte in die hoofstad die oorsaak van die onlangse cholera-uitbreking kan wees.

Intussen het Limpopo ook sy eerste cholera-geval in Musina aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×