Die Vrystaatse Departement van Onderwys gaan sy boeliestrategie verskerp ná ‘n Graad 7-leerder van Vulindlela Laerskool se dood.

Central News berig Mbali Mlaba het glo haar eie lewe geneem ná  ‘n klasmaat haar herhaaldelik geboelie het.

Vrystaat LUR vir onderwys Mamiki Maboya het haar meegevoel betuig, en woordvoerder Howard Ndaba het beklemtoon dat veilige leeromgewings ’n prioriteit bly.

Psigososiale ondersteuning is aan die skool verleen.

Haar ma het ’n afskeidsbrief gevind waarin sy haar redes verduidelik het.

Die gemeenskap het sterker optrede geëis en beklemtoon dat klagtes ernstig opgeneem moet word.

Die departement gaan ’n ondersoek instel en boelievoorkomingsprogramme in skole uitbrei om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed.

error: Inhoud is beskerm !!