Die Departement van Water en Sanitasie het inwoners gewaarsku oor moontlike oorstromings naby die Vaal- en Bloemhofdam weens stygende watervlakke.

Die departement sê die onlangse swaar reënval oor die land het veroorsaak dat watervlakke in riviere en damme vinnig gestyg het.

Die departement doen ‘n beroep op vakansiegangers om nie damme of riviere te besoek terwyl hulle onder die invloed van alkohol is nie en om altyd toesig te hou oor kinders naby watermassas.

Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, moedig godsdiensgroepe aan om nie naby riviere bymekaar te kom nie.

LUISTER:

error: Inhoud is beskerm !!