Die Nasionale Departement van Water en Sanitasie het 36 strafsake teen 26 munisipaliteite vir rioolbesoedeling aanhangig gemaak. Dit is deel van die departement se veldtog om die kwessie van onbehandelde riool in dorpe en stede regoor die land aan te pak.

Die munisipaliteite staar aanklagte in die gesig vir herhaalde voorvalle van rioolstortings en vir die versuim om aan die regering se opruimingsmandate te voldoen. Volgens die departement gaan van die sake so ver terug as 2018, maar die meerderheid is verlede jaar geopen. Die betrokke munisipaliteite is in Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat, Noordwes, Gauteng en die Wes-Kaap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×