Derde dag agtereenvolgens dat meer as 5000 Covid-19-gevalle aangeteken word

Suid-Afrika het in die afgelope 24 uur 5,668 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken dit is die derde dag agtereenvolgens  dat meer as 5000 gevalle aangeteken word.

Daar is nou 1 686 041 gevalle van Covid-19 regoor SA angeteken sedert die uitbreek van die coronavirus in Maart verlede jaar.

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het ook bevestig dat daar 67 Covid-19-sterftes in die afgelope 24 uur aangeteken is.

Hiervan was 24 in Gauteng, 23 in die Vrystaat, 8 in die Wes-Kaap, 5 in KwaZulu-Natal, 4 in die Oos-Kaap en 3 in die Noord-Kaap.

Luister na potgooie hieronder