Bykans 32-duisend mense het gister die Geloftedag-vieringe by die Voortrekkermonument bygewoon, die derde grootste Geloftediens naas die inwyding van die monument in 1949 en die 150-jaar herdenking in 1988. Ds. Cassie Aucamp, voormalige voorsitter van die Voortrekkermonument se direksie, het die diens gelei. Maroela Media berig Aucamp het tydens die diens Afrikaners herinner om die Gelofte te herdenk soos wat hul voorouers dit in 1838 gedoen het. Dr Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, het gesê Afrikaners is steeds vandag hier omdat hul deur hierdie dag in tye van nood, lewensgevaar en bedreiging, steeds saamkom vir verootmoediging. Nagenoeg 185-duisend mense oor die land en wêreld heen het aangedui dat hulle vanjaar se Geloftedag herdenk. Langner het gesê die Gelofte is op 279 plekke in Suid-Afrika gevier asook in 24 lande wat op ses van die sewe kontinente is. Selfs jong kinders het aan die viering by die Voortrekkermonument deelgeneem en van die Gelofte geleer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×