Byna 600 000 identiteitsdokumente is nog nie by staatskantore landwyd afgehaal nie.
Dit volg ‘n skrywe van die minister van Binnelandse Sake, Leon Schriber, aan die parlement. Volgens SABC News is slegs 142 000 van die, nuwe ID’s wat vir die eerste keer uitgereik is.
Die Oos-kaap en Gauteng tel onder die provinsies met die meeste onafgehaalde ID’s. Schriber het bygevoeg dat 53 werknemers tussen April 2019 en Julie vanjaar dissiplinere verhore oor onreelmatige verwerking van ID’s gehad het, terwyl 33 werknemers afgedank is.