Die vakbondfederasie Saftu sê hy is geskok oor die nagenoeg 31 000 onderwysposte in die land wat nie gevul is nie.
Die vakatures benadeel volgens die vakbond onderwysers se geestelike en fisieke gesondheid, aangesien dit daartoe lei dat baie onderwysers heeltemal oorwerk is. Trevor Shaku van Saftu sê die departement van basiese onderwys se versuim om poste te vul, het ook tot gevolg dat klaskamers oorvol is.