Nambië se jaarlikse seejag-seisoen het weer gister begin en die regering het die groen lig gegee vir die uitdunning van 86 000 Kaapse pelsrobbe. Die meeste permitte is vir die doodmaak van welpies uitgereik. Maroela Media berig die uitreiking van die permitte volg ondanks ‘n afname in die aanvraag na robwelpies en toenemende teenkanting deur diere-en omgewingsaktiviste. Die robbe word hoofsaaklik op ‘n wrede manier vir hulle pelse gejag. Die regering het gesê hy laat glo die praktyk toe om die bevolking van die Kaapse pelsrob aan die Namibiese kus te beheer omdat robbe ‘n bedreiging vir die visbedryf is. Die robbe is voorheen aan die Europese pelshandel-mark verkoop, maar die aanvraag het drasties afgeneem nadat die Europese Unie in 2009 ‘n verbod op robinvoere ingestel het. China is nou die hoofmark vir die land se robbe.
